|
(Amanda Strydom / Amanda Strydom, Lize Beekman)
Â
Sy sit by die venster en staar na die park Die tyd het diep kepe om haar vol mond gehark Sy hoor die sirenes - sy weet dit word laat Sy bly nogtans wakker, kyk af na die straat
Â
'n TV blêr langsaan sy staan vinnig op uit haar stoel by die venster en skink nog 'n dop Die park lyk verlate vanwaar sy hier staan en hoog in die bome hang 'n geel sekelmaan
En die Kentucky Fried Chicken, die Y.M.C.A. Die skool vir gestremdes en die Pick 'n Pay Staan strak in die maanskyn soos bakens van lig Sy raak aan haar wang - sy glimlag en sug
Sy stap na haar kamer, gaan staan voor die spieël Sy trek stadig uit, dis 'n ou ritueel
En nakend bekyk hul mekaar vir 'n uur Die vrou met die boggel en die vrou teen die muur
Dit voel of sy lig word - sy droom sy kan vlieg Sy tol in die rondte, laat die spieël vir haar lieg Sy lig eers versigtig haar regterhand hoog En dan volg die linker met 'n sierlike boog En stadig verdwyn die gedrog op haar rug En sy dans soos 'n vlam oor die vloer Deur die sitkamer, badkamer, op die balkon Waar die maan oor die park vir haar loer
En die Kentucky Fried Chicken, die Y.M.C.A. Die skool vir gestremdes en die Pick 'n Pay Staan blink in die maanlig soos tempels van hoop En sy dink ek sal môre 'n rooi rok gaan koop Sy dink ek sal môre die rooi rok gaan koop
|