|
(Amanda Strydom / Amanda Strydom, Janine Neethling)
Ek vertrek voor sonop terwyl die stad nog slaap ek laat die torings agter my Suidwaarts na die Kaap
Deur die Vaaldriehoek se newels dan Bloemfontein verby Dan draai ek regs by Colesberg om na Beaufort-Wes te ry
Deur die ver verlate vlaktes soos die son al hoër klim duskant Laingsburg in die hitte word die pad 'n hersenskim
Op die radio sê die weerman dit sal koud word in die nag en verspreide donderbuie word oor die hele land verwag Verspreide donderbuie word oor die hele land verwag
Is hierdie dan dieselfde pad wat ek al jare ry verbeel ek my of het die pad steil opdraende gekry
En was daar nie verlede jaar meer rusplek langs die pad waar ek kon stop en stil word voor ek die reis hervat?
Die Heksriviervallei is droog die wingerde is kaal ek voel hoe vat die vrees my vas gaan die donker my inhaal?
Op die radio sê die weerman dit sal koud word in die nag en verspreide donderbuie word oor die hele land verwag Verspreide donderbuie word oor die hele land verwag
Verspreide donderbuie val nooit lank nie verspreide donderbuie kom en gaan die lig sal stadig deurbreek en die storm sal bedaar verspreide donderbuie val nooit lank nie
Daar's niemand anders op die pad ek ry die skemer in naby Worcester sien ek weerlig en n donderbui begin
Die nag is lank en donker en die weerlig maak my bang die pad verander stadig in n gladde silwer slang
Toe, skielik, uit die donker doem daar ligte voor my op dis die Hugenotetonnel en my hart begin weer klop
Ek is veilig in die tonnel ek parkeer daar en ek wag dat die storm haarself uitwoed teen beton en teen die nag
En ek was nie alleen nie ek kon sweer ek het gehoor 'n Stem sê: slaap nou, ek hou wag die beste lê nog voor
|