|
(Amanda Strydom / Amanda Strydom, Didi Kriel)
Â
Ek het gedroom jy staan weer voor my Soos die nag op Naval Hill Jare gelede, in die koue in Bloemfontein En alles was dieselfde, asof niks verander het Die hamburgers van Moses, die Tassies langs ons bed
Ek het gedroom jy raak weer aan my wang Soos die nag op Seinheuwel Jare gelede, die somer in Kaapstad En alles was dieselfde, asof niks verander het Die slaptjips in koerantpapier, die whiskey langs ons bed
En ons maak stoom, stoom, stoom teen die ruite Stoom, stoom, stoom Op die mat Stoom, stoom, stoom op die tafel Stoom in die bad
Ek het gedroom jy bel my onverwags Uit 'n hotel soos daardie dag Jare gelede, September, Johannesburg En alles was dieselfde, asof niks verander het Die kerslig in die restaurant, sjampanje langs ons bed
Ek het gedroom jy soen my op die strand Soos die nag in Koffiebaai Jare gelede, die Krismis in Transkei En alles was dieselfde, asof niks verander het Die vis op die kole, die sjerrie langs ons bed
Ek het gedroom jy het nooit weggegaan Ek het gedroom jy't in die deur bly staan En omgedraai en teruggekom Ek het gedroom Ek het gedroom Ek het gedroom Ons maak stoom
En ons maak stoom, stoom, stoom teen die ruite Stoom, stoom, stoom Op die mat Stoom, stoom, stoom op die tafel Stoom in die bad
|