| Slippers Van Satyn |
|
(Amanda Strydom / Amanda Strydom, Janine Neethling)  Wie kom hier op die grootpad aan Met blomme in haar hare? Op die ritme van kitare?  Die sekelmaan hang om haar nek Die son woon in haar keel Sy dra die reënboog op haar kop Sy't die môrester gesteel  En sy dra slippers van satyn Slippers van satyn Slippers van satyn Dis die nuwe lyn  Sy's nie van hier, sy is gestuur Haar rugsak vol robyne Haar krale blink, haar voete stamp Sy slaan die tamboeryne  Sy dans 'n stofstreep oor die werf Die kleingoed agterna Die kêrels spook om by te hou En die ougoed word gedra  Wie, wie, wie kom hier met die grootpad langs Wie, wie, wie is dit wat so loslit dans Wie, wie, wie kom hier op die grootpad aan Wie, wie, wie is dit wat so loslit dans? Deel deze pagina |