|
(Amanda Strydom / Janine Neethling, Amanda Strydom)
 Â
Ons woon op ‘n klein blou ghoen soos kinders met haar gedoen wat ons wou doen sy hang draadloos in die sfeer haar skouers mank, sy't geen verweer
Sy tol om en om wag dat die son en die maan opkom stoot liefdevol haar sade uit woude, plante, groente, bome tuine, met geen verwyt
En op n klein blou ghoen sal ons moor en versoen op ‘n klein blou ghoen sal ons doen wat ons doen
Geboorte en dood, oorlog en vrede ons is bang vir die toekoms en skaam oor verledes Christen, Jood, Islam en Hindoe Rasta, Rhema, Buddhis, en Ghoeroe gay, straight, pedofiel en transvestiet hoer, oumens en valse profeet straatkind, bergie, ryk sakeman Ons is almal gelyk, die lewe gaan aan
En die klein blou ghoen bly draai en draai en die haan het lankal al gekraai kom na my toe, almal wat vermoeid en belas is en ek sal julle vrede gee ek sal julle vrede gee
Ons woon op n klein blou ghoen wat is daar te doen oor onnosele leiers en walglik vrot eiers waarop grys volstruise broei waarop ou volstruise bloei
En die klein blou ghoen bly draai en draai en die haan het lankal al gekraai kom na my toe, almal wat vermoeid en belas is ek sal julle vrede gee ek sal julle vrede gee
Ons woon op n klein blou ghoen soos kinders met haar gedoen wat ons wou doen sy hang draadloos in die sfeer haar skouers mank, sy't geen verweer
|